Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 25 AUGUSTUS 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

DIE SARL HF GELYKGOLF KOMPETISIE VANMIDDAG

SARL/OKOSA SKAKEL KOMITEE VERGADERING

en

BESPREEK NOU VIR DIE SARL RF GERAAS WERKSWINKEL

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE SARL HF GELYKGOLF KOMPETISIE VANMIDDAG

Die laaste kompetisie in die SARL HF-kompetisie-reeks is die Gelykgolf kompetisie wat vanmiddag van 14:00 tot 17:00 UTC plaasvind, met gelykgolf aktiwiteit op 80, 40 en 20 meter. Die uitruiling is 'n RST-verslag en 'n reeksnommer vanaf 001. Daar is twee trofeë wat vir hierdie kompetisie gewen kan word. Dien jou logstaat in as ADIF of Cabrillo met 'n opsommings blad, of gebruik die MS Excel-sig blad en noem jou logstaat "my roepsein Gelykgolf." Dit moet teen middernag op Maandag 2 September per e-pos na zs4bfn@mweb.co.za gestuur word. Vind die reëls op bladsy 38 van die 2019 SARL Blouboek.

SARL/OKOSA SKAKEL KOMITEE VERGADERING

Die SARL/OKOSA-skakel komitee het Vrydag 23 Augustus vergader en 'n aantal kwessies wat Amateur Radio beïnvloed, bespreek. In die week se SARL-Nuus lewer ons kommentaar op twee van die agenda-items en n die volgende week se SARL-nuus lewer ons verslag oor 'n aantal ander belangrike sake.

As jou lisensie vir vyf jaar hernu is en jy het slegs 'n geldige lisensie van een jaar van OKOSA ontvang, sal die afdeling vir spektrum lisensies dit graag wil hoor. Stuur 'n e-pos met jou volle name, roepsein, lisensie nommer en bewys van betaling aan dbence@icasa.org.za en die probleem sal reggestel word en 'n lisensie van vyf jaar aan jou gestuur word.

As jy steurings ervaar op BHF- en UHF-amateur frekwensies wat veroorsaak word deur persone of groepe wat nie gelisensieer is nie, is dit belangrik om 'n klag by OKOSA in te dien. Klagtes moet skriftelik ingedien word en kan op die OKOSA-webwerf by www.icasa.org.za ingedien word, of 'n klagte vorm kan voltooi word en per e-pos gestuur word aan customer@icasa.org.za. Gee soveel moontlik besonderhede, insluitend enige verwysing na die aard van inmenging en inligting wat kan lei tot die identifisering van die persoon of stelsel wat die steuring veroosaak. Stuur 'n afskrif van die klagte aan die OKOSA-Streek bestuurder. Die SARL het OKOSA versoek om 'n by gewerkte lys van Streek bestuurders en hul kontak besonderhede te verskaf. Sodra die plaaslike inligting beskikbaar is, sal dit op die SARL-webwerf geplaas word. Stuur ook ‘n afskrif van die klagte aan admin@sarl.org.za.

ARRL-KOMPETISIE EN DXCC REËLS VERBIED NOU OUTOMATIESE KONTAKTE

Na aanleiding van die ARRL-direksie het die ARRL veranderings aan die reëls vir alle ARRL-geborgde kompetisies en DXCC op geneem, wat outomatiese kontakte verbied. Hierdie veranderinge is ook van toepassing op die Worked All States (insluitend Triple Play en 5-band WAS), BHF/UHF Century Club en Fred Fish, W5FF Gedenk toekennings. Die veranderinge is onmiddellik van krag.

In 'n resolusie tydens die ARRL-raad vergadering in Julie, word daarop gewys dat 'n toenemende kommer oor die maak van volle outomatiese kontakte en dan geëis word vir die kompetisie en DXCC-krediet. Die reëls vereis dat elke kontak wat geëis word, gelyktydig direkte inisiasie deur die operateur aan beide kante van die kontak insluit. Die aanvang van 'n kontak kan plaaslik of af geleë wees. Dit geld ook nou vir alle SARL geborgde kompetisies.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

BESPREEK NOU VIR SARL RF GERAAS WERKSWINKEL

Registrasie vir die SARL RF Geraas Werkswinkel wat op Saterdag 28 September by die Nasionale Amateurradiosentrum gehou word, is nou oop. Die werkswinkel word aangebied in samewerking met AMSAT SA. Die agenda bevat 'n paneelbespreking oor hoe om krag geraas op te los, insluitend 'n praktiese gevallestudie. Die agenda bevat ook 'n oorsig van die SARL RF-Geraas moniteringsprogram, opdaterings van die geraas monitering sagteware, aktiewe antenna-ontwerpe met oorsigte van die op-die-lug toets uitsale, 'n praktiese sessie oor die ontplooiing en toepassing van dongles om jou skootrekenaar of rekenaar in 'n kragtige ontvanger te verander en hoe RF Geraas bronne in jou huis geïdentifiseer kan word. Bespreek nou, die besonderhede en vorms is beskikbaar op www.sarl.org.za

WAARHEEN KAN EK GAAN VIR DIE VELDDAG?

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke bied die 14de jaarlikse SA Nasionale Parke-week van 8 tot 15 September 2019 aan. Die SA Nasionale Parke-week sluit naweke in. Jy kry gratis toegang tot die parke, besoek www.sanparks.org/about/events/parks_week/default.php om te sien watter parke ingesluit is. Die SARL Nasionale Veld dag is die naweek van 14 en 15 September op die lug en jou Veld dag stasie kan in 'n Nasionale Park wees vir parke op die lug/WWFF.

KOMPETISIE-UITSLAE

Die kompetisie komitee het 12 logstate ontvang vir die SARL JD Naelloop wat op Vrydag 9 Augustus gehou is.
1ste Sonet de Wet, ZS3SW - 103 punte
2de Alta Gaybba, ZR3PA - 100 punte
3de Simone Jones, ZS6SIM - 87 punte

Die gesamentlike uitslae van die Maart- en Augustus-naellope
1ste Karin Andrews, ZS6MMA - 171 punte
2de Simone Jones, ZS6SIM - 149 punte
3de Sonet de Wet, ZS2SW - 103 punte

Die kompetisie komitee het 3 Logstate ontvang vir die SARL Jeug Naelloop wat op Saterdag 10 Augustus gehou is.
1ste Breanne Schutte, ZS5BZ - 29 punte
2de Brenna Gibbons, ZS5BL - 26 punte
3de Brad Mostert, ZS6WWW - 9 punte

Die gesamentlike uitslae van die Junie- en Augustus-naellope
1ste Jean van Heerden, ZR6RZ - 44 punte
2de Werner Swanepoel, ZS2WS - 38 punte
3de Philip van Tonder, ZS6LVT - 31 punte

Die kompetisie komitee het 6 Logstate ontvang vir die SARL HF Digitale Kompetisie. Die sluitingsdatum is middernag Maandag 26 Augustus 2019 en Logstate moet gestuur word na zs4bfn@mweb.co.za

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan bruikbare DX openinge op die 18 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

Vandag – die SARL HF GG kompetisie
26 Augustus - die sluitingsdatum vir HF Digitale logstate
2 September - die sluitingsdatum vir HF Gelykgolf logstate
7 September - die Wes-Rand Vlooimark
7 en 8 September - die Streek 1 ESB-veld dag en RSGB ESB-veld dag
14 September - die Boland ARK AJV
14 en 15 September - die SARL Nasionale Veld dag
15 September - registrasie vir die Oktober RAE sluit
17 September - die Highway ARK maandelikse vergadering
18 September – die SARL Woensdag 80 m Klub Naelloop
20 September - provinsiale skole sluit
24 September – Erfenisdag en nasionale braai dag
28 September - die SARL / AMSAT SA RF Geraas Werkswinkel

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die laaste kompetisie in die SARL HF-kompetisie-reeks is die Gelykgolf kompetisie wat vanmiddag van 14:00 tot 17:00 UTC plaasvind, met gelykgolf aktiwiteit op 80, 40 en 20 meter. Die uitruiling is 'n RST-verslag en 'n reeksnommer vanaf 001. Daar is twee trofeë wat vir hierdie kompetisie gewen kan word. Vind die reëls op bladsy 38 van die 2019 SARL Blouboek.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens klubs en individue uit om nuusitems van belang vir radio amateurs en kortgolfluisteraars in te dien in sowel Engels as Afrikaans, indien moontlik, deur die skakel na die nuus posbus op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste te volg. Nuus items wat in die bulletin ingesluit moet word, moet die nuus span bereik nie later nie as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7,082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3,620 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Dennis Green, ZS4BS en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003